Ep. 24 - Herverdelende populisme óf versterking van eiendomsregte? Lesse uit die Suide
In alle Ernst6 Okt 2022

Ep. 24 - Herverdelende populisme óf versterking van eiendomsregte? Lesse uit die Suide

Die beleid van onteiening sonder vergoeding, wat in 2018 aan die Suid-Afrikaanse parlement voorgelê is, het ’n vurige nasionale beleidsdebat ontketen wat in 2021 steeds in die middel van die nasie se politieke diskoers staan. In Suid-Afrika, en die Westerse wêreld in die algemeen, word die liberale demokratiese paradigma toenemend bevraagteken. Baie van hierdie uitdagings spruit uit ’n nuwe golf populisme, van sowel links as regs, wat momentum kry in die Weste en die globale Suide. Daarom het ek my meesterstesis geskryf oor die kwessie van herverdelende populisme, ’n vorm van linkse populisme, asook privaat eiendomsregte. In hierdie stuk bied ek ’n bondige oorsig van my bevindings. My tesis gaan oor die volgende vraag: Is herverdelende populisme ’n volhoubare langtermynroete na ekonomiese groei, die vermindering van armoede en ongelykheid, en demokratiese konsolidasie, of bied die beskerming en toepassing van eiendomsregte ’n beter alternatief om hierdie doelwitte te bereik? Om ’n antwoord te kry, het ek vier gevallestudies vergelyk: Venezuela en Zimbabwe, as voorbeelde van herverdelende populistiese regimes waar eiendomsregte wesenlik verminder is; en Uruguay en Botswana, as voorbeelde waar eiendomsregte beskerm en toegepas is.

Denne episoden er hentet fra en åpen RSS-feed og er ikke publisert av Podme. Den kan derfor inneholde annonser.

Episoder(100)

Onderhoud 27: Dr. Wikus Buys | Suid-Afrika én Orania in onstuimige tye

Onderhoud 27: Dr. Wikus Buys | Suid-Afrika én Orania in onstuimige tye

Ek en Dr. Wikus Buys het onlangs gesels op die Begrond Instituut se podsending genaamd Vryspraak oor die oorgangstydperk wat beide Suid-Afrika en Orania tans ervaar, die "Afrikanergevaar" en "Oranje G...

11 Aug 51min

Ep. 73 - Wie besit rêrig die meeste grond in Suid-Afrika?

Ep. 73 - Wie besit rêrig die meeste grond in Suid-Afrika?

Baie skokkende statistieke word dikwels aangehaal in Suid-Afrika se kontroversiële en hoogs emosionele gronddebat wat te maklik as feite aanvaar word sonder behoorlike ondersoek. Dit is kommerwekkend ...

15 Jul 18min

Ep. 72 - "Kill the Boer" is nie net 'n metafoor nie. Hier is die bewyse.

Ep. 72 - "Kill the Boer" is nie net 'n metafoor nie. Hier is die bewyse.

Is die berugte "Kill the Boer"-dreunsang deur die leier van die Economic Freedom Fighters (EFF), Julius Malema, 'n letterlike oproep tot geweld, of "net 'n metafoor" soos sy verdedigers, insluitend pr...

24 Jun 9min

Ep. 71 - Om te streef na “radikale normaliteit”

Ep. 71 - Om te streef na “radikale normaliteit”

Daar is onlangs 'n paar debatte rondom "die einde van normaal" vir Afrikaners. In hierdie episode tree ek egter in die bresse vir normaliteit in 'n abnormale land.

3 Jun 4min

Ep. 70 - Die toekoms behoort aan die bouers, nie die hernoemers nie

Ep. 70 - Die toekoms behoort aan die bouers, nie die hernoemers nie

Die ANC-geleide regering se politieke foefie om vir Graaff-Reinet te hernoem na "Robert Sobukwe-dorp" het my weer herinner aan ’n ou gesegde: Diegene wat kan, doen. Ek reken ons kan dit gerus aanpas i...

5 Mai 4min

Ep. 69 - Hoekom ontaard liberale demokrasieë in tirannieë?

Ep. 69 - Hoekom ontaard liberale demokrasieë in tirannieë?

Ek bespreek Amerikaanse politieke analis en skrywer Auron MacIntyre se boek, The Total State (2024) se arguments oor hoekom soveel liberale demokrasieë ontaard in tirannieë.

15 Apr 8min

Ep. 68 - In multikulturele politiek kraai identiteit steeds koning

Ep. 68 - In multikulturele politiek kraai identiteit steeds koning

Ek bespreek hoe die vraag "Wie is ons?" gaan bepaal hoe die 21ste eeu gaan uitspeel in Suid-Afrika, vir die Afrikaners, asook in Amerika en Europa.

18 Feb 8min

Ep. 67 - Is Amerika en Europa besig om te Suid-Afrikaniseer?

Ep. 67 - Is Amerika en Europa besig om te Suid-Afrikaniseer?

Vele lande is besig om teken te toon van "Suid-Afrikanisasie". Hoe lyk Suid-Afrikanisasie egter as beleidsraamwerk in praktyk? Ek bespreek.

18 Feb 5min

Populært innen Samfunn

rss-spartsklubben
giver-og-gjengen-vg
aftenpodden
konspirasjonspodden
aftenpodden-usa
popradet
rss-nesten-hele-uka-med-lepperod
rss-henlagt-andy-larsgaard
rss-espen-lee-usensurert
grenselos
min-barneoppdragelse
wolfgang-wee-uncut
alt-fortalt
synnve-og-vanessa
rss-dette-ma-aldri-skje-igjen
lydartikler-fra-aftenposten
frokostshowet-pa-p5
relasjonspodden-med-dora-thorhallsdottir-kjersti-idem
rss-siktet
krisemoter